Bokke se einde-van-jaar toer-datums bevestig

Rugby: Die Springbokke kom te staan teen hulle Wêreldbekerteenstanders Skotland en Engeland, voor hulle Wallis pak aan die einde van hulle einde-van-die-jaartoer in November. Die laaste toetse is vandag bevestig. Die toer skop op Sondag 10 November in Edinburgh af teen Skotland, wat sesde op die ranglys is. Ses dae later kom hulle te staan teen die Wêreldbeker-semi-finaliste Engeland, wat tans vyfde op die ranglys is, op Twickenham in Londen. Die toer eindig ‘n week later op 23 November teen nommer tien, Wallis, in Cardiff.