Oscar Pistorius sal waarskynlik nog Kersfees agter tralies wees

Die veroordeelde moordenaar, Oscar Pistorius, sal waarskynlik nog ‘n Kersfees in die tronk deurbring, ten spyte daarvan dat hy in Julie vir parool in aanmerking gekom het. ‘n Ontmoeting tussen Pistorius en die ouers van sy slagoffer, Reeva Steenkamp, het nog nie plaasgevind nie. Dit is deel van die proses voordat sy vrylating op parool oorweeg kan word. Pistorius is ongeveer twee weke gelede na ‘n gevangenis in Gqeberha in die Oos-Kaap verskuif, ten einde die ontmoeting met die Steenkamps moontlik te maak. Beide partye se prokureurs het bevestig die ontmoeting het nog nie plaasgevind nie.