Gemeenskappe in Kavango wil interdik teen ReconAfrica kry

Gemeenskappe in die Kavango-streke wat deur ReconAfrica se gas- en olie-eksplorasiewerk geraak word, gaan vandag ‘n dringende aansoek in die hoërhof in Windhoek doen. Volgens ‘n gemeenskapsaktivis Rinaani Musutua van die Economic and Social Justice Trust wil die gemeenskappe ‘n interdik teen ReconAfrica verkry wat die maatskappy keer om vier nuwe gate te boor.