Nasionale Tesourie waarsku Fitch kan SA op gryslys plaas

Die Nasionale Tesourie waarsku Suid-Afrika verkeer in gevaar dat die internasionale Finansiële Aksie-taakspan hom op die gryslys plaas. Die Tesourie sê die onlangse gradering deur die wêreldwye geldwassery-waghond, Fitch, kan moeilikheid vir die ekonomie beteken. Die Tesourie vrees die land kan sy geloofwaardigheid as ‘n beleggingsbestemming verloor. Met ‘n ekonomie wat reeds swak is, sou so ‘n notering dit moeilik maak vir die land om sake in die buiteland te doen. Die taakspan het Suid-Afrika tot Oktober tyd gegee om sy finansiële stelsels in orde te kry.