Binnelandse vliegtuigkaartjies styg skerp in SA

‘n Lugvaartkenner, Desmond Latham, sê die pryse van binnelandse vliegkaartjies in Suid-Afrika het die hoogte in geskiet weens ‘n styging in bedryfskoste. ‘n Retoerkaartjie tussen Johannesburg en Kaapstad kos nou sowat 6 000 Suid-Afrikaanse rand. Lugrederye is beskuldig van buitensporige hoë pryse ná die ineenstorting van Comair, maar Latham sê baie ander faktore het bygedra tot die verhogings.