Baba in sak in Dolam gevind

‘n Baba is vanoggend in Dolam in Katutura, naby die begraafplaas in ‘n plastieksak gevind. ‘n Lid van die publiek, wat rommel bymekaar gemaak het, het op die baba afgekom. Adjudant-offisier Silas Shipandeni sê berigte toon die baba lewe nog en alle nooddienste is op die toneel.