Geliefde seun, 17, sterf in gru-fratsongeluk

Die 17-jarige seun van ‘n Windhoek-pastoor is Saterdagaand omstreeks sewe-uur dood in ‘n fratsongeluk by ‘n huis in Hochlandpark. Inligting is nog skraps maar dit wil voorkom asof hy en ‘n vriend gepoog het om ‘n vuurpyl te bou met die gebruik van onder andere, klappers. Die seun, wat die jaar graad 12 sou voltooi het en blykbaar ‘n ywerige wetenskaplike was wat Namibië ook al verteenwoordig het, is volgens wat berig word, dood op pad hospitaal toe na ‘n ontploffing voorgekom het.