Eskom-verhoging wek ook kommer by Tshwane se bestuur

Die Stad Tshwane sê Eskom se tariefverhoging van 18,65 persent sal ‘n nadelige uitwerking op inwoners, ondernemings en die stad se finansiële volhoubaarheid meebring. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê hulle is ook bekommerd dat die buitensporige prysverhoging tot ‘n vinnige toename in onwettige verbindings kan lei. Hy voeg by ‘n verhoging teen hierdie vlak sal die onkoste van sake doen in Tshwane aansienlik verhoog: