Gekaapte vragskip verlate aan kus van Verenigde Emirate gevind

Die Asphalt Princess, die vragskip wat in die Golf van Oman gekaap is, is verlate aan die kus van die Verenigde Arabiese Emirate gevind. Volgens internasionale media het die Britse vloot gesê die skip is veilig. Dit het aanvanklik in die rigting van Iran gevaar.