SA akteur se vyf moordenaars lewenslank tronk toe

Die vyf moordenaars van die Rhythm City-akteur, Dumisane Masilela, is in die Pretoriase hooggeregshof elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Masilela is in Augustus 2017 tydens ‘n kapingspoging in Tembisa aan die Gautengse Oos-Rand geskiet en is later die dag in die hospitaal dood. Die hof het die vyf skuldig bevind aan moord, ontvoering en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Regter Papi Mosopa het geen versagtende omstandighede vir ‘n ligter vonnis gevind nie en gesê die moordenaars respekteer nie ander se grondwetlike regte nie.