Brand woed in Dordabis-omgewing

‘n Brand wat in die Dordabis-omgewing woed, word deur die wind aangedryf. Lede van die weermag het opgedaag om die boere in die omgewing teen die weghol-brand te help nadat die vuur oor die Stinkwaterpad gespring het. Johan Kotzé, bestuurder van Marula Game Ranch in die Dordabis-omgewing, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die brand strek oor ‘n gebied van sowat 30 kilometer en sewe plase.