Geingob vergader met onderwysministerie

President Hage Geingob vergader met die minister van onderwys Anna Nghipondoka, die uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp en ander onderwysbeamptes. Dit volg nadat hy sy ontevredenheid met die swak eksamenuitslae van Namibiese graad 11- en 12-leerders uitgespreek het. Hy het die onderwysminister versoek om ‘n verslag te verskaf waarin uiteengesit word wat gebeur het en die redes vir die treurige resultate. Geingob sê rolspelers in onderwys, soos onderwysers, leerders, ouers en vakbonde, moet ophou vingers na mekaar wys. Ná die ontvangs van die verslag sal die nodige besluite en aksies geneem sal word om die belange van onderwysers, leerders en die onderwyssektor in die algemeen te bevorder.