Afrikalande moet gewasse na oeste beter bestuur

Die Afrika Na-oes Verliese Inligtingstelsel dui aan dat Afrika-lande meer as 30 persent se vars vrugte en groente mors deur ondoeltreffende na-oesbestuur. Tanzanië ervaar dat byna 30 persent van vars produkte, insluitend tamaties, tot niet gaan. Volgens berigte is baie boere geraak as gevolg van beperkte toegang tot krag en het dus nie koelstoor-geriewe nie. Tanzanië kyk na sonkrag-aangedrewe verkoeling as ‘n volhoubare oplossing, maar hoë beleggingskoste bly egter die belangrikste struikelblok om sonkrag-tegnologie te gebruik.