Craft Bistro moet restaurantwerkers betaal

Die Craft Bistro by die Windhoek Craft Centre is beveel om sy geskorste werkers ten volle te betaal. Volgens die Namibiese arbeidsministerie is daar bevind dat die bestuur verkeerd opgetree het. Die geskorste werkers sal ook hul werk hervat. Die mede-eienaar van die restaurant, die Switserse burger Petra Illings is Woensdag deur immigrasiebeamptes ondervra. Margreth Kalo, skakelbeampte van die ministerie van binnelandse sake, sê Illings word deur die ministerie ondersoek. Intussen het Harold Akwenye, woordvoerder van Stad Windhoek, bevestig dat die Craft Bistro met ‘n vervalde gesondheidsfiksheidsertifikaat sake gedoen het. Die restaurant staar ‘n boete van  2 000 Namibiese dollar in die gesig. Akwenye het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.