Geingob stel Sisa en Katrina in Swapo-Politburo aan

President Hage Geingob het sy prokureur, Sisa Namandje, en voormalige minister van onderwys, Katrina Hanse-Himarwa, in die Swapo-Politburo aangestel. Die partygrondwet laat die President toe om twee lede in die Politburo aan te stel – ’n man en ’n vrou. Geingob het Namandje onlangs in Swapo se sentrale komitee aangestel. Hanse-Himarwa is op die onlangse Swapo-kongres tot die sentrale komitee verkies. Intussen berig Namibiese media Swapo wil hê die Namibiese regering moet Air Namibia laat herleef. Dit was een van die besluite wat by die onlangse Swapo-kongres geneem is.