Geingob spreek sy kommer oor staatsgrepe in Afrika uit

President Hage Geingob het sy kommer uitgespreek oor die verswakking en omkeer van demokratiese prosesse in sommige Afrikalande, meer as 50 jaar nadat die vasteland van kolonialisme ontslae geraak het. Hy het die kommentaar gemaak toe hy deur die voorsitter van die Afrika-unie-kommissie, Moussa Faki Mahamat, by Staatshuis besoek is. Hy sê die onlangse verwikkelings in sommige lande, soos Mali, Guinee, Burkina Faso, Sudan en ander, dreig om die winste wat gemaak is om demokrasie oor die hele vasteland te konsolideer, om te keer.

Die Afrika-unie hou oor die naweek die 13de hoëvlak-vergadering oor die bevordering van vrede, veiligheid en stabiliteit in Afrika. Die vergadering vind in die hoofstad plaas.