T20: Australië en Nieu-Seeland spook vanoggend sake uit

Die gasheer, Australië, en Nieu-Seeland sal vandag die Super 12-fase van die T20 Wêreldbekertoernooi in Sydney afskop nadat die twee groepe gister gefinaliseer is. Zimbabwe, Ierland, Sri Lanka en Nederland het vir die hooftrekking gekwalifiseer nadat hulle boaan hulle groepe geëindig het na die eerste ronde. Suid-Afrika en Zimbabwe pak Bangladesj, Indië, Nederland en Pakistan in Groep 2, terwyl Australië, Nieu-Seeland, Ierland, Engeland, Sri Lanka en Afghanistan in Groep 1 sal meeding. Die top twee spanne in elke groep dring deur na die halfeindronde.