Geingob spreek môre COP27 toe

President Hage Geingob is tans by die COP27-vergadering in Sharm El- 
Sheik in Egipte. Vandag sal hy die Afrika-leiersgeleentheid oor die versnelling van aanpassings in Afrika bywoon en aan ‘n paneelbespreking oor groen-waterstof deelneem. Môre sal Geingob na verwagting die Namibiese nasionale verklaring aan COP 27 lewer en sal ook die hoëvlak-geleentheid bywoon wat deur die Duitse kanselier, Olaf Scholz, aangebied word. Hy sal ook die memorandum van verstandhouding tussen Namibië en die EU oor volhoubare grondstofwaardekettings en hernubare waterstof onderteken. Laastens sal hy geleentheid van die Wêreld Ekonomiese Forum bywoon. Hy keer Woensdag terug Namibië toe.