DA reageer op Noordwes se duur donkiekarre

Die DA in Noordwes sê hy is geskok deur die provinsiale regering se besluit om 20 donkiekarre ter waarde van 780 000 Suid-Afrikaanse rand aan te koop vir die Dibono- en Manawana-dorpies buite Mahikeng. Die provinsiale regering sê dit is in ooreenstemming met die Wet op Nasionale Landvervoer en wil uitdagings in landelike gemeenskappe hanteer. ‘n DA-woordvoerder, Freddy Sonakile, sê dit wys die provinsiale regering het nie ‘n plan om sosio-ekonomiese ongeregtighede in landelike gemeenskappe aan te spreek nie: