DA vry na Britse beleggings in die Kaap

Die Stad Kaapstad se direktoraat vir ekonomiese groei en Kaapstad Toerisme is in die Verenigde Koninkryk waar hulle met leiers in die reisbedryf vergader in ‘n poging om nog beleggings, reis- en handelsgeleenthede te verseker. Met 20 persent van die passasiers is die Verenigde Koninkryk tans die Moederstad se grootste enkele internasionale lugreismark. Die stad se woordvoerder, James Vos, sê tussen 2010 en 2021 het meer as 200 Britse maatskappye in 274 regstreekse buitelandse beleggingsprojekte binne Suid-Afrikaanse landsgrense belê. Dit kom neer op ‘n totale kapitale uitgawe van 164,6 miljard Suid-Afrikaanse rand terwyl 22 500 werksgeleenthede geskep is: