Cholera-uitbreking is ‘n klad op SA – minister

Die Suid-Afrikaanse minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Thembi Nkadimeng, erken die cholera-uitbreking kon voorkom word. Sy het die cholera-sterftes in Hammanskraal, Gauteng, ‘n swart vlek op Suid-Afrika se demokrasie genoem. Nkadimeng het meegevoel betuig met diegene wat hul geliefdes in die proses verloor het. Sy sê haar departement se reaksie sluit ‘n water-weerbaarheidsplan in om infrastruktuur en rehabilitasie van suiwerings-aanlegte aan te spreek.