Geingob sê Psemas word misbruik

President Hage Geingob sê die regering ondersoek die misbruik van die Staatsdiens Mediese Hulpskema, Psemas, deur lede en in hul afhanklikes. Geingob het aan ‘n afvaardiging van ‘n span Britse mediese spesialiste by Staatshuis gesê dat die land se mediese dekking redelik goed is, maar misbruik vind plaas wat die regering miljoene dollars kos. Die gesondheidsministerie sê hervormings is aan die gang, insluitend maniere om die toewysing van 3 miljard Namibiese dollar aan Psemas te verminder. Die regering verloor jaarliks 900 miljoen dollar deur Psemas weens twyfelagtige eise en swendelary volgens die Internasionale Monetêre Fonds se bevindings in 2018.