Vlootboot van Mexiko bots teen Brooklyn-brugMay 18, 2025
Een persoon is dood toe ‘n opleidingsboot van die Meksikaanse vloot Saterdagaand tydens ‘n promosietoer teen die Brooklyn-brug in New York gebots het. Ministens 22 mense, almal passasiers, is in die voorval beseer en vier van hulle is in ‘n ernstige toestand. Die brug, die vernaamste verbintenis tussen Brooklyn en Manhattan, is ‘n gewilde toerismebestemming.