Pous Leo XIV vandag ingehuldigMay 18, 2025
Sowat ‘n kwartmiljoen mense sal vandag na verwagting die inhuldiging van pous Leo XIV op Sint Petrus-plein in die Vatikaan bywoon. Dié geleentheid vier die amptelike begin van die nuwe pous se termyn en ontleders wag gretig vir aanduidings van Leo XIV se benadering tot sake van die Rooms-Katolieke kerk. Die pous sal moontlik ook later vandag met Amerika se president Donald Trump vergader, het die Vatikaan gesê.