Misdaadverslag propvol veediefstal, en wildmisdaad

Die weeklikse misdaad verslag van die Namibiese polisie is propvol veediefstal- en wildmisdaadsake. Op Rundu is vyf bees gesteel. Die polisie het daarin geslaag om drie terug te vind maar, daar is steeds geen verdagtes nie en owerhede vermoed die diere is oorgrens geneem. Op Osire is drie geslagte bees en een, wat se hakskene gesny was, gevind. Die plaaseienaar het die stropers betrap omdat hulle hele kamp agter gelaat is. Die ondersoek duur voort. Op Omuthiya het owerhede twee mans betrap met sewe bees op ‘n bakkie en sleepwa wat beide nie gelisensieer is nie. Die twee kon ook geen bewyse van eienaarskap van die diere gee nie. Daardie ondersoek duur voort. Twee is ook in hegtenis geneem vir die diefstal en slag van drie bokke. Op Kahenge in Kavango, is ‘n bees geslag en drie mans is gearresteer in besit van ivoor en ‘n lewende ietermagô. En op Tsumeb is drie vermeende stropers gevind met vleis van drie gemsbokke, ‘n kudu en ‘n eland. Een 27-jarige verdagte is gearresteer, die ander twee het gevlug.