Geingob nomineer ses bekendes vir Swapo sentrale komitee

Swapo-president Hage Geingob het ses bekende Swapo-lede genomineer vir die party se sentrale komitee. Hulle is die President se persoonlike assistent en voorsitter van die Nasionale Jeugraad Sharonice Busch, die bekende Windhoekse prokureur Sisa Namandje, die voormalige Namibiese weermag-hoof, afgetrede luitenant-generaal Martin Shali, die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua en sy streeksraadsvoorsitter Marlyn Mbakera, asook Laurencia Stephanus. Geingob het die aankondiging op sy Twitter-blad bekend gemaak en gewiet Swapo verenig, Swapo oorwinnend, nou harde werk.