Aartbiskop sê dit lyk of die ANC in duie stort

Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, sê as President Cyril Ramaphosa bedank, moet ‘n regering van nasionale eenheid saamgestel word. Dit volg na die bekendmaking van ‘n verslag wat bevind het Ramaphosa het versuim om die diefstal van sowat tien miljoen Suid-Afrikaanse rand in Amerikaanse dollar van sy Phala Phala-wildsplaas in Limpopo in 2020 by die relevante owerhede aan te meld. Volgens Makgoba is die land in ‘n krisis en dit lyk of die ANC besig is om ten gronde te gaan. Hy voeg by die werklike krisis is die skandalige gaping tussen diegene wat voordeel trek uit tussen-generasie rykdom en diegene wat van die ekonomie uitgesluit is.