Bulle en Stormers klop Walliese spanne

Rugby: Die Bulle het ses drieë ingeryg, waarvan die vleuel Canan Moodie twee gedruk het, om Cardiff met 45-9 in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd gisteraand op Loftus pak te gee. Die Stormers het vroeër die skare in die Nelson Mandelabaai-stadion laat juig toe hulle die Dragons met 34-26 ore aangesit het. Dit is die Stormers se 14de oorwinning op eie bodem. Vrydag het die Sharks nog ‘n Walliese span, Ospreys, met 25-10 geklop. Die Leeus speel vanmiddag teen die Scarlets in Johannesburg.