Geingob loof tradisionele leiers oor stryd teen geslagsgeweld

President Hage Geingob het tydens die amptelike opening van die 23ste beraad van die Raad van Tradisonele Leiers in Eenhana in die Ohangwena-streek die kwessie van onwettige heinings van kommunale grond aangespreek. Hy beklemtoon dit is ‘n onwettige, korrupte praktyk wat dadelik in die kiem gesmoor moet word. Geingob het ook die tradisionele leiers geprys vir hul stryd teen geslagsgeweld en misdaad.