Gautengse gesondheidsdepartement ontken ontvangs van brandverslag van hospitaal

Die Gautengse departement van gesondheid sê hy het nog geen forensiese verslag ontvang oor die brand in die Charlotte Maxeke Johannesburgse Hospitaal nie. Die volg nadat mediaberigte berig het hy is in besit van ‘n uitgelekte forensiese polisie-verslag. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê hulle is oorval deur media-versoeke vir kommentaar.