DA vra vrae oor beweerde brandstigting by hospitaal

Die DA in Gauteng sê volgens ‘n uitgelekte forensiese polisieverslag was die brand in die Charlotte Maxeke Johannesburgse Hospitaal in April verlede jaar die gevolg van brandstigting. Jack Bloom van die DA sê volgens nuusberigte blyk dit asof die verslag verlede jaar afgehandel is en verdere ondersoek is aanbeveel, maar daar is geen aanduiding dat dit gedoen is nie.