Geingob loof Cassinga-opoffering

President Hage Geingob het sy dank uitgespreek teenoor die owerhede in Kuba en Angola vir bystand na die Cassinga-slagting op 4 Mei 1978. In sy verklaring wat op sy sosiale media platforms gedeel is, het hy weer melding gemaak van lewensverliese tydens die vryheidstryd, veral die burgerlikes wat in die kamp in die suide van Angola was. Hy het Namibiërs gemaan om vrede en stabiliteit ten alle koste te beskerm.