Numsa sê De Ruyter besig met skelmstreke

Die metaalwerkersvakbond in Suid-Afrika, Numsa, sê Eskom is besig met sogenaamde skelmstreke deur beurtkrag aan die huidige salarisonderhandelings te koppel. Numsa sal in sy eerste ronde onderhandelings dié week sy salaris-eise by die Sentrale Bedingingsforum aan die bestuur van Eskom en Rotek voorlê. Die vakbond se Woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vlak van onbevoegdheid onder die leierskap van Eskom se Bestuurshoof, André De Ruyter, is verbysterend.