‘Epic’ hofsaak oor Fortnite

Die saak tussen Epic Games, die skepper van die gewilde Fortnite-speletjie, en Apple duur voort in die Federale Hof in Kalifornië. Epic se Hoof Uitvoerende Beampte Tim Sweeney sê hy het geweet dat hy Apple se iStore-reëls breek toe hy sy eie betalingstelsel op Fortnite ingebou het. Maar, volgens Sweeney wou hy lig werp op wat hy beskryf as Apple se nie-mededingende gedrag. Hy sê iStore kan verbruikers se toegang verbied. Apple hef 30 persent kommissie op sy iStore-toep. Epic se stelsel het die kommissie omseil en Apple het Fortnite van sy toep verwyder. Epic het die saak voor die hof gebring.