Geingob is eregas by Zambië se herdenking van onafhanklikheid

President Hage Geingob vertrek vanmiddag drie-uur om môre Zambië se 58ste herdenking van sy onafhanklikheid by te woon. Luidens ‘n verklaring is Geingob ‘n eregas en sal die hoofrede by die geleentheid lewer. Namibië en Zambië het noue bande en tydens Namibië se vryheidstryd het die land se destydse president, Kenneth Kaunda, talle van Namibië se vryheidsvegters gehuisves, ook vir opleiding.