Witrenosterbul in Windhoek-distrik gestroop

Die Namibiese polisie sê ‘n witrenosterbul is op die plaas Groot Gamsberg geskiet vir sy twee horings. Volgens die berig, is die renoster die laaste keer op 18 Oktober lewend gesien en sy karkas is op 20 Oktober teen die teenstropery-eenheid gevind. ‘n Koeël is in die karkas gevind en die ondersoek duur voort. Die omgewingsministerie het onlangs aangekondig dat altesaam 55 renosters tussen Januarie en Augustus vanjaar gestroop is, ‘n toename van 11 gevalle vergeleke met verlede jaar. Die brandpunte is Etosha Nasionale Park en private wildplase.