ANC-regering moet meer doen om korrupsie te bestry

Die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, sê die regering moet streng en beslis wees in sy optrede teen korrupsie. ‘n Onlangse peiling deur Afrobarometer het bevind sewe uit elke tien Suid-Afrikaners wat ondervra is, glo die regering vaar uiters swak in sy stryd teen korrupsie. Batohi sê instellings soos die Onafhanklike Polisie-ondersoek-direktoraat moet uitgebrei word vir sy stryd teen korrupsie: