Geingob bring hulde aan Elizabeth

Die Namibiese President Hage Geingob het in ‘n verklaring sy medelye uitgespreek na die afsterwe van koningin Elizabeth II. Geingob het haar drie keer ontmoet, die eerste keer in 1991 toe sy en haar man prins Philip Namibië besoek het. Sy mees onlangse ontmoeting met die ontslape monarg was in 2017 by Buckingham-paleis. Geingob beskryf Elizabeth as vriendelik en ontspanne en sê sy het graag ligte oomblikke gedeel. Hy sê hy eer haar vir haar toewyding en werk-etiek. Intussen het wêreldleiers ook hulde gebring aan Elizabeth. Die Amerikaanse president, Joe Biden en die presidentsvrou, Jill Biden sê die koningin was soveel meer as ‘n monarg. Sy het ‘n tydvak verpersoonlik.

Volgens die president van Frankryk, Emmanuel Macron onthou hy haar as ‘n vriend van Frankryk, ‘n ruimhartige koningin wat ‘n blywende indruk op haar land en haar era gelaat het. Die Kanadese premier, Justin Trudeau beskryf die koningin as ‘n permanente teenwoordigheid in hulle lewens.

En die premier van Nieu-Seeland Jacinda Ardern het die koningin so beskryf.