Geingob: Bemark Afrika as toerisme- en sakebestemming

Namibiese President Hage Geingob het vandag tydens die amptelike opening van die Afrika streekstoerisme-konferensie van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie in Windhoek gesê Afrika as handelsmerk moet gesamentlik en verenig as toerisme- en sakebestemming bemark word. Geingob het ook gesê om toerisme-herstel te verseker, moet reisbeperkings gelig word, maar dit vereis globale samewerking en oplossings.