Meer en meer Angolese immigrante stroom Omusati binne

Die situasie met die Angolese immigrante in die Omusati-streek word daagliks erger. Dit word veroorsaak deur die toename in getalle verlede week van immigrante vanaf Angola wat die noordelike grens van Namibië instroom weens droogte in hul land. Die goewerneur van Omusati-streek, Erginus Endjala, het gesê die situasie is nie gunstig nie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die streek op die oomblik afhanklik is van barmhartige Samaritane.