Barrow beloof ondersoek na hoesstroop

Gambië se president, Adama Barrow, het burgers beloof die regering gaan gesondheidsmaatreëls verskerp na die dood van tientalle kinders in die land. Barrow het die nasie toegespreek oor ‘n akute uitbreking van nierversaking. Ses-en-sestig kinders onder die ouderdom van vyf het die afgelope drie maande weens akute nierversaking gesterf, met vrese dat ingevoerde hoesstrope daarvoor te blameer is. Barrow sê die regering gaan veiligheidsmaatreëls instel om die invoer van sub-standaard middels uit te skakel: