Stigter-speaker van SA sterf

Die 90-jarige Frene Ginwala, die eerste speaker van die parlement ‘n demokratiese Suid-Afrikaanse regering, is Donderdagaand by haar huis oorlede. President Cyril Ramaphosa het haar dood vanmiddag in ‘n verklaring aangekondig. Sy het twee weke gelede ‘n beroerte gehad. Ramaphosa het namens die regering sy medelye met Ginwala se familie betuig. Ginwala, was ‘n anti-apartheidsvegter en het verskeie poste beklee. Sy was ‘n prokureur, akademikus, politieke leier en joernalis.