NTB sê nuwe roetes bewys vertroue in Namibië

Die Namibiese Toerismeraad sê daar is vertroue in die land as nóg rederye hul vlerke na Namibië wil sprei. Dit volg ná ‘n private Suid-Afrikaanse lugredery CemAir, verskeie nuwe roetes op die vasteland uitbrei, insluitend na Namibië. Die nuwe roetes sluit in vlugte van Johannesburg na Windhoek, Kinshasa en Lubumbashi in die DRK, Dar es Salaam in Tanzanië, Victoria-waterval in Zimbabwe, en Mauritius. Die lugredery beoog om 14 vlugte per week na Windhoek te vlieg. Bonnie Mbidzo, hoof van sakebedrywighede by toerismeraad sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is goeie nuus vir die land en die toerismesektor.