Namibiese vakansiegangers kan sonder visum na Barbados reis

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het aangekondig dat Namibiërs wat na Barbados vir vakansie wil reis, nie meer ‘n visum nodig het nie. Dit geld vir Namibiese toeriste wat minder as 90 dae op die Karbiese eiland wil vakansie hou. Die woordvoerder van die ministerie, Margaret Kalo, gee die goeie nuus aan Kosmos 94.1 Nuus.