Geen inentingsertifikaat of negatiewe Covid-toetse meer by Namibiese grensposte nodig

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het vandag in die laaste weeklikse Covid-verslag aangekondig dat buitelandse reisigers na Namibië nie meer ‘n negatiewe Covid-toets of ‘n inentingsertifikaat by grensposte hoef te toon nie. Die gesondheidsministerie het die afgelope week twee Covid-sterftes van twee mans in onderskeidelik Windhoek en Opuwo aangemeld, asook 28 nuwe Covid-gevalle uit 1 308 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,1 persent verteenwoordig. Daar is nou 43 aktiewe gevalle, waarvan sewe pasiënte in hospitale in vyf streke is.