Ekonome: SA se inflasiekoers laer as res van die wêreld

Ekonome stem saam hoewel Suid-Afrika se inflasiekoers kommerwekkend is, bly dit steeds merkbaar laer as in die res van die wêreld. In lande soos Amerika het die inflasiekoers tot tien-persent gestyg en in die Verenigde Koninkryk word ‘n koers van byna 20 persent volgende jaar verwag. Ekonome glo die onlangse skerp styging in die inflasiekoers is grootliks aangedryf deur eksterne ekonomiese faktore. Suid-Afrika se inflasie is op ‘n rekordhoogtepunt van 7,8 persent en dit is ook ver bo die Suid-Afrikaanse Reserwebank se teiken van tussen 3  en 6 persent.