Geen toegang tot finasiering nie? Geen huis nie.

Die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni het sy kommer uitgespreek oor die beperkte toegang tot finansiering vir Namibiërs wat eiendom wil bekom. Volgens Uutoni, het verskeie studies reeds getoon dat ‘n baie groot persentasie Namibiërs nie toegang tot die algemene fasiliteite vir huislenings het nie. Hy sê kredietfasiliteite is steeds vir die landsburgers geslote. Hy het bygevoeg dat dit bekend is dat die regering nie aan voldoende fondse beskik om die behuisings agterstand aan te spreek nie en dus, moet die privaatsektor intree en hande met die regering vat. Dit, sê Uutoni, gaan ‘n innoverende aanslag moontlik maak om behuisingstekorte te verlig.