Een Indiër sterf elke 4 minute in Delhi

Die verwoestende tweede vlaag van die Covid-19-pandemie in Indië eis glo elke 4 minute ‘n lewe in die hoofstad Delhi. Die land se totale aantal gevalle het gister 18-miljoen verbygesteek nadat byna 387 000 nuwe gevalle aangemeld is. Liggame stapel op en werkers sukkel om by te hou met verassings. Houtvoorrade vir die begrafnis-stapels is ook laag, en die burgemeester van Noord-Delhi het aan die land se Departement van Bosbou geskryf en vir ‘n bestendige voorraad gevra.