Skuilings vir Kaapse-vlugtelinge is nog nie verwyder nie

‘n Woordvoerder van die Vroue- en Kindersentrum by die tydelike skuiling vir vlugtelinge en asielsoekers in Kensington, Kaapstad, sê geen geriewe soos toilette of tente is vandag verwyder nie. ‘n Vlugteling by Paint City in Bellville, Hafiz Mohammed, het bevestig die geriewe is nog beskikbaar. Die Departement van Binnelandse Sake het twee weke terug gesê die twee tydelike skuilings sal vandag gesluit word. Die Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die VN-vlugtelingagentskap het weke lank onverpoos gewerk om gewillige vlugtelinge te hervestig: