Geen sterftes, pasiënte in intensiewesorgeenhede

Die Namibiese gesondheidsministerie het geen Covid-sterftes aangemeld nie, asook 10 nuwe gevalle uit 1 212 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 0,8 persent verteenwoordig. In die groep is 2 leerders. Daar is nou 829 aktiewe gevalle, waarvan 41 in hospitale is en geen in intensiewesorgeenhede. Altesaam 249 040 mense is ten volle ingeënt.